Skip navigation.
and we are working TOGETHER so that MANY MORE can "Praise God"

Angus was in Vanderbijlpark-Hiermee die mooi verslag van Neels Jacksen

Faith Like PotatoesDie Angus Buchan-fenomeen het Saterdag in Vanderbijlpark voortgerol toe duisende mense na die Isak Steyl-stadion gestroom het om na die evangelis-boer van Greytown te luister.

Van Buchan het hulle 'n eenvoudige vraag gekry: glo julle dat die Seun van God lewe of dat hy dood is?

Hy het ook uit die Bybel gewaarsku dat daar mense is wat met die mondsê dat Jesus lewe, maar dat hul optrede dit verraai.

Hy het vir die skare vertel hoedat Jesus vir Maria Magdalena, " 'n gewone prostituut" 'n tweede kans gegee het en gesê Hy wil dit vir  hulle ook doen.

"My God is 'n vriend van sondaars," het hy gesê.

Hy het sy geliefkoosde uitspraak herhaal dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie, maar gelowiges.

Wat die situasie in die land betref, het Buchan gesê daar is mense wat berou moet toon omdat hulle so negatief oor die situasie in Suid-Afrika praat.

Hy het gesê die toekoms is in God se hande en voorspel dat daar 'n omekeer in die land gaan kom..

Vir voornemende emigrante het hy gesê as God vir hulle sê om Australiëtoe te gaan, moet hulle dit doen.

As Hy dit nie vir hulle gesê het nie, moet hulle versigtig wees. Hulle gaan hul probleme met hulle saamneem daarheen.

Hy wou weet of enigeen al 'n boodskap van God gekry het dat Suid-Afrika ten gronde gaan.

Hy het oor die skare voor hom uitgekyk, maar niemand het hand opgesteek nie.

Buchan het gesê Jesus lewe en Hy is in Suid-Afrika. "Ons is in herlewing!" het hy uitgeroep..

"Jesus Christus lewe! Hulle praat van Hom oor sekulêre TV. Hulle praat van Hom oor sekulêre radio. Hulle skryf van Hom in sekulêre koerante.

Hy is die onderwerp van die dag!"

Hy het ook weer, soos gebruiklik by sy byeenkomste, mense met verskillende soorte kwale en siektes laat opstaan, vir hulle gebid en hulle aangemoedig om op God te vertrou vir 'n wonderwerk.

Hy het God as 'n "wonderwerkende God" bestempel en gesê as dit nie so was nie, sou hy nie daar gestaan het nie.

Mnr. Johan Bisschoff van Vereeniging het gesê die Afrikanervolk en die hele land is op soek na iets positiefs. Dit klink vir hom of dié saamtrek die regte plek is om daarna te kom soek.

Mnr. Johnny van Dyk van Vanderbijlpark het gesê Buchan het 'n boodskap.

Daar is baie kommer oor die situasie in die land, maar as almal na die Here kyk, sal dinge regkom.

Verskeie mense wat al Buchan se boeke gelees het en die rolprent oor sy lewe gesien het, het die kans aangegryp om hom die eerste keer in lewende lywe te sien.

 

Mnr. Willem Nienaber van Vanderbijlpark het gesê hier binne weet jyBuchan se boodskap kom van die Here af. Dit gee 'n mens moed en  inspirasie om te sien daar is mense wat omgee vir ander.

Me. Ina Rautenbach van Alberton het gesê Buchan is absoluut uitverkoop aan die Here. Haar man, mnr. Corrie Rautenbach, het gesê dit gaan vir hulle nie oor Buchan nie, maar oor die Here. Hulle is nie "fan-mense" nie.

Me. Claudia Knoetze, wat as Katoliek grootgeword het, maar haarself nou as wedergebore Christen bestempel, sê Buchan is gesalf deur God.

Dis nie hy wat dit alles doen nie, dis die Heilige Gees.

Mnr. Riaan Greef van Vaalpark, Sasolburg, het gesê hy was by die MightyMen-konferensie in Greytown en dit was vir hom 'n  lewensveranderende ervaring. Hy het sy gesin gebring om ook na Buchan  te kom luister. Sy vrou, Amanda, het gesê sy wil kom kyk wat het hulle met haar man aangevang, want dit het beslis gewerk.

Mev. Nellie van Vuuren van die NG gemeente Klipvallei het 'n jeuggroep gebring om na Buchan te luister. Sy sê sy was groen van jaloesie dat sy nie by die Mighty Men-konferensie kon wees nie.

Vir party mense was die blote teenwoordigheid van so baie Christene 'n

inspirasie.

Christene wêreldwyd bid saam Mnr. Angus Buchan

Christene van regoor die wêreld het gister deelgeneem aan die wêreldwye dag van gebed.

Uit meer as 200 lande en gebiede het groepe gelowiges geregistreer om deel te neem en in Suid-Afrika alleen het meer as 460 dorpe, stede en voorstede geregistreer.

 

Dit het gewissel van plekkies soos Oviston in die Oos-Kaap en Kwaggafontein in Mpumalanga, tot talle voorstede en townships aan die Rand en in en om Pretoria.

Met die strategie om plaaslik bymekaar te kom, maar globaal te bid, word dié dag nie meer gekenmerk deur groot stadion byeenkomste soos  vroeër nie.

Die teksvers wat as inspirasie vir die dag dien, is 2 Kronieke 4:17 wat sê as God se mense hulself verootmoedig en bid en afsien van hulsonde,sal Hy hulle vergewe en hul land genees.

- Neels Jackson


Ek het dit per epos ontvang en gedag ek deel dit hier. Sien ook:

"Wolke Hart" verskyn oor die stadion waar Angus bedien in Vanderbijlpark. Ongelooflik!

Woolk Bevestig "God se Liefde"

 

Your rating: None

Kom ons bid hierdie gebed vir ons geliefde land SA

Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering.

Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde.

Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak.

Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën.

Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna.

Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld.

En dat daar 'n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind.

Ons bid dit in die Naam van JESUS. 

Amen

Post new comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
 
Add image
CAPTCHA
This question is for testing whether you are a human visitor or NOT
"Christ Spirit abstain earth Connect"