Begin in jou huis - jou Huis-altaar
Gisteraand met my bejaarde moeder gepraat wat in 'n aftreeoord bly in Grootbrak in die oos Kaap.
Sy bel my en vertel net van al die positiewe terugvoer wat van die ouer garde daar gegee het aangaande MMC 2008
Daar was egter een opmerking wat my baie geraak het. Dit was die opmerking van 'n ouma waar die jong kind haar ouma gebel het.
Ouma weet; vandat pappa teruggekom het vanaf die mannekamp lees ons elke aand bybel.
Wat 'n getuienis, en ons weet mos almal dat jy die waarheid hoor uit die mond van die suigeling.
Wie hierdie mighty men ook al is DOEN SO VOORT!

Post new comment