Mighty men Afloop.
Ons het nou almal gesien en ervaar dat MMC `n reuse sukses was en dat die afloop net goeie dinge tot gevolg het. Ek besef dat soveel manne opnuut vuur vir Jesus gekry het en dat selfs baie van hulle vir die eerste keer kon besef dat Christen wees nie net tot Sondag kerk bywoning beperk word nie, maar wel tot `n verhouding uitgebrei moet en kan word.
My gebed is dat die kerke gereed sal wees vir die nuwe oes. Dat daar genoeg werkers sal wees om die getalle te kan hanteer en bedien.
Daar is ook ander kamp geleenthede waar manne en vroue mekaar kan beter bedien en ook bekend gestel kan word aan `n nouer verhouding met God. Ek is al betrokke by Woord in Aksie vir meer as 8 jaar en kan net getuig van groot werk gedoen deur God in soveel mense se lewens. Hulle is toegespits op die "basics" en verkondig net Jesus Christus se boodskap.
Woord in Aksie is `n interkerklike bediening met `n hart vir die hele gesin. Vrou kampe, Manne kampe, Jeug kampe en Pare kampe. In Gauteng, Weskaap, Ooskaap, Natal en Namibie.
Kontak Elsabe Hendriks 0721786114 vir meer inligting.

Post new comment