"Vroue en dogter" kamp dieselfde naweek as MMC 2009 deur "Woord in Aksie"
Dit is met opgewondenheid en afwagting dat ons sien waarmee die Here besig is. Na die Mighty Men Konferensie in April beleef ons ‘n toename in kampers. Die vroue is honger om meer van Jesus te beleef. Die manne ywerig om hul posisies in te neem.
In 2009 gaan ons die "ondenkbare" doen.......want ons dien mos die God wat die onmoontlike moontlik maak!!!
Mighty Men is 2009 die naweek van 24-26 April. Ons gaan hierdie naweek wat die manne weg is ‘n Vroue en Kinderkamp aanbied.
Mammas met jeug kan hul seuns saam met pa stuur en die dogters kan vrouekamp toe kom. En die kleiner kinders (seuns en dogters onder 13) gaan ons by die kampterrein waar die vrouekamp is ‘n spesiale kinder kamp reel.
Nee, dit gaan nie kinder oppassers wees nie, dit gaan ‘n volwaardige Kinderkamp wees. Julle sal egter vroegtydig moet bespreek.......
Meer inligting oor die kamp sal op die webblad beskikbaar wees.
Ons 2008 kampe is almal reeds verby en ons sien uit na die 2009 program wat op ons webblad is. www.wia.org.za
Woord in Aksie
Natal
Kontak: Freddie&Elsabe Hendriks
Tel: 031 - 700 1790
072 178 6114 (Elsabe)

Ma's en dogters kamp-: saam met MMC2009
Goeie more,
Kan u asb vir my datums gee van komende kampe in 2009.
Byvoorbaat dank.
Elsie
KZN Woord in Aksie Kamp datums vir 2009:
Hi,
Die kamp datums vir 2009 is as volg:
6-8 Feb - Vroue kamp
6-8 Mrt - Manne kamp
8-10 Mei - Vroue en kinder kamp (saam met MMC2009)
5-7 Jun - Parekamp
7-9 Aug - Jeug kamp
11-13 Sept - Vroue kamp
2-4 Okt - Manne kamp
Vir meer inligting kan u my gerus skakel by bogenoemde kontak besonderhede.
Elsabe
MMC 2009: How to register?
Can you please let me know how to get hold of tickets or how to register for MMC 2009 Mens Camp 8-10 May 2009?
Post new comment